Skip to content
  • Home
  • About
  • Shop
    • My account
    • Cart
    • Checkout
  • Blog
  • My Podcast
  • Speaker Booking
  • Reviews
  • Abundant Woman
  • Renewed in Him
  • Contact
    • Refund and Returns Policy
    • Cancellation Policy
    • Shipping Policy
Get Started

Login

Lost your password?

An enemy you don’t believe exists is an enemy you won’t guard against

Vrou, die vyand hoef jou nie altyd te vernietig om effektief te wees nie. Hy moet jou net oortuig dat daar niks is om voor wakker te wees nie. Want ’n vyand wat jy nie raaksien nie, is ’n vyand teen wie jy nie waak nie.

Efesiërs 6:12 herinner ons: “Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie.” Dit beteken nie daar is ’n demoon agter elke probleem nie. Die Bybel roep ons nie tot paranoia nie—dit roep ons tot onderskeiding.

Kyk na Genesis 3. Die slang kom nie na Eva en sê: “Ek gaan jou vandag van God af wegtrek nie. Hy vra eenvoudig: “Het God werklik gesê…?” Die eerste aanval was nie op haar gedrag nie; dit was op haar persepsie van God en Sy Woord.

En dieselfde fluistering gebeur vandag:

Is dit regtig so verkeerd?
Almal doen dit.
God verstaan mos.
Jy oorreageer.
Daardie grens is nie nodig nie.
Volg net jou hart.

Die vyand se gevaarlikste leuens klink dikwels nie soos leuens nie. Hulle klink amper soos waarheid.

Daarom sê 2 Korintiërs 2:11 dat ons nie onbekend moet wees met sy planne nie. En 1 Petrus 5:8 sê: “Wees nugter en waaksaam.”Nie bang nie. Wakker.

Begin dus ’n ander vraag vra. Nie net: “Is hierdie verkeerd?”nie, maar: Waarheen lei dit my?

Trek hierdie verhouding my nader aan God? Maak hierdie gesprek my hart sagter of bitterder? Bring hierdie geleentheid gehoorsaamheid of probeer ek rooi ligte ignoreer? Is hierdie gedagte in lyn met God se Woord?

Want kompromie begin selde met een groot besluit. Dit begin met klein dinge wat ons ophou bevraagteken.

Maar onthou: die vyand is nie God se gelyke nie. “Hy wat in julle is, is groter as hy wat in die wêreld is.” — 1 Johannes 4:4.

Ons leef dus nie bang vir die duisternis nie. Ons leef só naby aan Jesus dat ons vinnig herken wanneer iets nie Sy stem dra nie.

Ken die Woord. Ken Sy stem. Toets wat jy hoor.

Want miskien is die gevaarlikste stem nie die een wat hard skree nie, maar die een wat so lank gefluister het dat jy begin dink het dit is jou eie.🔥

Liefde
Gerridene

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
38 0
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 18119903572832010

Adam is gevorm. Eva is gebou. 🔥

Vrou, jy vermenigvuldig wat jy dra — kies versigtig wat jy in jou hart laat woon.

Hebreeus:
Gevorm — *yatsar* (יָצַר)
Gebou — *banah* (בָּנָה)

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
499 20
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 17964711831173181
Adam is gevorm. Eva is gebou. 🔥

Vrou, jy vermenigvuldig wat jy dra — kies versigtig wat jy in jou hart laat woon.

Hebreeus:
Gevorm — *yatsar* (יָצַר)
Gebou — *banah* (בָּנָה)

🔥 MOENIE GROEN BLARE MET GOEIE VRUG VERWAR NIE.

’n Boom kan lewendig lyk en steeds niks dra wat voed nie.

God soek nie net wat mooi vertoon nie — Hy kyk na wat jou lewe voortbring.🌿🍎

📖 “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” — Matteus 7:16

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
135 7
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 17872865457651715
🔥 MOENIE GROEN BLARE MET GOEIE VRUG VERWAR NIE.

’n Boom kan lewendig lyk en steeds niks dra wat voed nie.

God soek nie net wat mooi vertoon nie — Hy kyk na wat jou lewe voortbring.🌿🍎

📖 “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” — Matteus 7:16

🔥 Net omdat dit die HARDSTE skree, beteken dit nie dis die WAARHEID nie.

Leer om die FLUISTERING tussen die GERAAS te hoor.

1 Konings 19:11–12

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
202 2
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 17929839243380836
🔥 Net omdat dit die HARDSTE skree, beteken dit nie dis die WAARHEID nie. 

Leer om die FLUISTERING tussen die GERAAS te hoor.

1 Konings 19:11–12

✨ Elke vrou het ’n onsigbare handtekening…

Jy sien dit nie. Maar dit bly agter wanneer jy die vertrek verlaat.

Vir my is parfuum presies dit — ’n geur wat deel word van hoe mense jou onthou.

En hierdie een?
Tapputi.✨

🔥 BUY 1, GET 1 — LIMITED STOCK!

Gebruik GOEDGENOEG by checkout en kry ’n EKSTRA 10% AF!🤍

www.tapputioils.co.za

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
85 6
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 18207244825361537
✨ Elke vrou het ’n onsigbare handtekening…

Jy sien dit nie. Maar dit bly agter wanneer jy die vertrek verlaat.

Vir my is parfuum presies dit — ’n geur wat deel word van hoe mense jou onthou. 

En hierdie een? 
Tapputi.✨

🔥 BUY 1, GET 1 — LIMITED STOCK!

Gebruik GOEDGENOEG by checkout en kry ’n EKSTRA 10% AF!🤍

www.tapputioils.co.za

🔴 Wat as hierdie rooi stukkie jou HELE lewe op aarde is… en die wit tou EWIGHEID?

Ons baklei so hard vir ’n beter rooi stukkie dat ons vergeet waarvoor ons eintlik hier is.

Moenie jou tydelike lewe bou en jou ewige roeping mis nie.🤍🔥

📖 Jakobus 4:14

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
393 11
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 18367374940237802
🔴 Wat as hierdie rooi stukkie jou HELE lewe op aarde is… en die wit tou EWIGHEID?

Ons baklei so hard vir ’n beter rooi stukkie dat ons vergeet waarvoor ons eintlik hier is.

Moenie jou tydelike lewe bou en jou ewige roeping mis nie.🤍🔥

📖 Jakobus 4:14
Follow Me On Instagram

Stay Connected

Sign up for my monthly newsletter and receive uplifting messages, practical tips for living abundantly, and exclusive updates on upcoming events and programmes. It’s just one click to start your journey toward a life filled with faith, joy, and purpose—let’s walk this path together!

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Living abundantly starts with a heart rooted in faith. I’m here to walk this journey with you—sharing hope, encouragement, and practical tools to help you thrive in every season of life.

Quick Contact

  • +27 (0)72 450 2725
  • info@gerrideneberg.com
  • berggerridene@gmail.com
Facebook Instagram Youtube

Quick Links

  • About
  • Shop
  • Abundant Woman
  • Speaker Booking
  • Contact
  • Refund Policy
  • Shipping Policy
  • Cancellation Policy

Copyright © 2025 Gerridene Berg. All rights reserved. | Web Design by Swerve Designs