Skip to content
  • Home
  • About
  • Shop
    • My account
    • Cart
    • Checkout
  • Blog
  • My Podcast
  • Speaker Booking
  • Reviews
  • Abundant Woman
  • Renewed in Him
  • Contact
    • Refund and Returns Policy
    • Cancellation Policy
    • Shipping Policy
Get Started

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

👑 BLOEMFONTEIN, EK KOM KUIER!🌸❤️

Liewe vrou, wanneer laas het jy jouself toegelaat om net vir `n oomblik stil te staan, asem te skep en te onthou wie jy werklik is?

Nie wie die wêreld verwag jy moet wees nie. Nie wat jou verlede oor jou sê nie. Nie die vrou wat altyd alles moet bymekaar hou nie.

Maar die vrou wat God sien. Sy dogter. Gekies. Geliefd. GEKROON MET GENADE!👑

Op Saterdag 31 Oktober het ek die ongelooflike voorreg om saam met die vrouens van Bloemfontein Baptiste Kerk `n oggend rondom hierdie waarheid deur te bring.

Ons gaan eerlik gesels oor die lewe, oor ons identiteit, oor die dinge wat ons stilweg dra, en oor die genade van `n Vader wat ons nie liefhet omdat ons alles regkry nie, maar omdat ons aan Hom behoort.

En dalk, net dalk, is hierdie die oggend wat jou hart al lankal nodig het. ❤️

🌷 GEKROON MET GENADE
📍 Bloemfontein Baptiste Kerk
📅 Saterdag, 31 Oktober 2026
⏰ 09:00 – 12:30
🎟️ R100 per persoon (eetgoedjies ingesluit)

👑 BESPREEK JOU PLEKKIE HIER:
https://bloemfonteinbaptistekerk.churchsuite.com/events/y80grnx7

Bring jou vriendin, jou sussie, jou mamma of sommer die vrou wat jy weet `n bietjie bemoediging nodig het!

Ek sien só uit om julle harte te ontmoet! 🥹❤️

Want jou verlede mag dalk jou storie beïnvloed het, maar dit het nooit die gesag gehad om jou identiteit in Christus te bepaal nie.

Baie liefde,
Gerridene 🌸

#GekroonMetGenade #Bloemfontein #VroueBediening #GoedGenoeg #GerrideneBerg

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
48 0
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 17898606084398104
👑 BLOEMFONTEIN, EK KOM KUIER!🌸❤️

Liewe vrou, wanneer laas het jy jouself toegelaat om net vir 'n oomblik stil te staan, asem te skep en te onthou wie jy werklik is?

Nie wie die wêreld verwag jy moet wees nie. Nie wat jou verlede oor jou sê nie. Nie die vrou wat altyd alles moet bymekaar hou nie.

Maar die vrou wat God sien. Sy dogter. Gekies. Geliefd. GEKROON MET GENADE!👑

Op Saterdag 31 Oktober het ek die ongelooflike voorreg om saam met die vrouens van Bloemfontein Baptiste Kerk 'n oggend rondom hierdie waarheid deur te bring.

Ons gaan eerlik gesels oor die lewe, oor ons identiteit, oor die dinge wat ons stilweg dra, en oor die genade van 'n Vader wat ons nie liefhet omdat ons alles regkry nie, maar omdat ons aan Hom behoort.

En dalk, net dalk, is hierdie die oggend wat jou hart al lankal nodig het. ❤️

🌷 GEKROON MET GENADE
📍 Bloemfontein Baptiste Kerk
📅 Saterdag, 31 Oktober 2026
⏰ 09:00 – 12:30
🎟️ R100 per persoon (eetgoedjies ingesluit)

👑 BESPREEK JOU PLEKKIE HIER:
https://bloemfonteinbaptistekerk.churchsuite.com/events/y80grnx7

Bring jou vriendin, jou sussie, jou mamma of sommer die vrou wat jy weet 'n bietjie bemoediging nodig het!

Ek sien só uit om julle harte te ontmoet! 🥹❤️

Want jou verlede mag dalk jou storie beïnvloed het, maar dit het nooit die gesag gehad om jou identiteit in Christus te bepaal nie.

Baie liefde,
Gerridene 🌸

#GekroonMetGenade #Bloemfontein #VroueBediening #GoedGenoeg #GerrideneBerg

My Liefste man 🤍

Op 9 Junie 2026 het ons lewe in ’n oogwink verander. Kanker. Skielik het ons nie geweet hoeveel tyd ons saam oorhet nie. Minute, dae, weke of maande?

Eers 18 dae later het ons voor die onkoloog gesit en goeie nuus binne ons omstandighede gekry. Hoe vreemd om “goeie nuus” en “kanker” in dieselfde asem te sê. ’n Groot operasie het voorgelê, daarna lewenslange behandeling — een inspuiting per maand — en leefstylveranderings. Maar ons kon weer asemhaal.

Ons het albei onder vrees gewankel. Daar was trane en bekommernisse. Tog het jy my, te midde van jou eie lyding, herinner: “Gaan sit net by Jesus se voete.”

Jy het vir drie maande afgesonder, sosiale media neergelê en jou suiker en Coke Zero gelos. Jy wou nader aan jou Pappa leef en Sy hart hoor, ook toe Sy hand minder sigbaar gevoel het. Soos jy my dikwels leer: “The teacher is quiet during a test.”

Jy het jou operasie met vasberadenheid aangepak. Vandag word jou maandelikse inspuiting ook ’n geleentheid om ander kankerpasiënte hoop te gee en drukkies uit te deel. Ek sien hoe moeg die newe-effekte jou maak en hoe sleg jy soms voel. Tog maak jy steeds plek vir mense, luister jy na bekommerde ouers en dien jy met jou hele hart.

I salute you, my man. Ek sien wat dit jou kos. Ek sien jou geloof én jou menswees.

Hierdie vakansie in Spanje was nog ’n kans. Om saam te lag, ons dogtertjie te sien speel en herinneringe te maak wat ons nooit as vanselfsprekend wil aanvaar nie. Die lewe verander in ’n oogwink. Môre is nie belowe nie.

Dankie dat jy my op my beste en my slegste liefhet. Dat jy my dra, selfs wanneer ek sê: “Ek het dit,” en jy weet my hart is moeg.

Aan elkeen wat ons pad volg: dankie vir julle gebede en liefde. Agter die foto’s is daar steeds behandeling, herstel en moeilike dae. Daar is ook diepe dankbaarheid.

My lief, ek weet nie alles wat voorlê nie. Maar vandag het ek jou hand in myne.

Nog ’n drukkie. Nog ’n herinnering. Nog ’n dag om jou lief te hê. 🤍

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
986 35
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 18026435237871493

🇪🇸 Small places. Big reminders.🤍

Vandag stap ek deur die pragtige wit straatjies van Mijas, ’n klein dorpie in die berge van Spanje, bekend vir sy witgekalkte huisies, blou blompotte en kleurvolle blomme.

En tussen al die mooi besef ek iets…

Blomme blom nie omdat hulle op ’n mooi plek staan nie. Hulle blom omdat hulle versorg word.🌸

En is dit nie ook waar van ons nie?

Ons dink so dikwels ons moet eers in ’n ander seisoen wees om te kan blom. Wanneer die omstandighede verander. Wanneer die lewe rustiger raak. Wanneer die gebede beantwoord word. Wanneer alles uiteindelik in plek val.

Maar luister wat sê Jeremia 17:7–8 oor die mens wat op die Here vertrou: Hy is soos ’n boom wat by water geplant is, wat selfs in ’n jaar van droogte nie ophou vrug dra nie.

God belowe nie dat elke seisoen maklik gaan wees nie. Maar Hy leer ons dat ons selfs in moeilike seisoene diep gewortel kan bly.

Dalk wag jy vir jou omstandighede om te verander voordat jy weer begin leef. Weer begin droom. Weer begin blom.

Maar wat as God jou juis wil leer om te blom waar Hy jou NOU geplant het?

Want jou omstandighede bepaal nie jou vermoë om vrug te dra nie. Jou verbondenheid aan Hom doen. 🌿

You don`t need a perfect season to bloom. You need to stay connected to the One who gives you life.

📍 Mijas Pueblo, Spanje 🇪🇸

#Mijas #Spain #FaithOverCircumstances #BloomWhereYouArePlanted

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
302 6
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 17962620393208768
🇪🇸 Small places. Big reminders.🤍

Vandag stap ek deur die pragtige wit straatjies van Mijas, ’n klein dorpie in die berge van Spanje, bekend vir sy witgekalkte huisies, blou blompotte en kleurvolle blomme.

En tussen al die mooi besef ek iets…

Blomme blom nie omdat hulle op ’n mooi plek staan nie. Hulle blom omdat hulle versorg word.🌸

En is dit nie ook waar van ons nie?

Ons dink so dikwels ons moet eers in ’n ander seisoen wees om te kan blom. Wanneer die omstandighede verander. Wanneer die lewe rustiger raak. Wanneer die gebede beantwoord word. Wanneer alles uiteindelik in plek val.

Maar luister wat sê Jeremia 17:7–8 oor die mens wat op die Here vertrou: Hy is soos ’n boom wat by water geplant is, wat selfs in ’n jaar van droogte nie ophou vrug dra nie.

God belowe nie dat elke seisoen maklik gaan wees nie. Maar Hy leer ons dat ons selfs in moeilike seisoene diep gewortel kan bly.

Dalk wag jy vir jou omstandighede om te verander voordat jy weer begin leef. Weer begin droom. Weer begin blom.

Maar wat as God jou juis wil leer om te blom waar Hy jou NOU geplant het?

Want jou omstandighede bepaal nie jou vermoë om vrug te dra nie. Jou verbondenheid aan Hom doen. 🌿

You don't need a perfect season to bloom. You need to stay connected to the One who gives you life.

📍 Mijas Pueblo, Spanje 🇪🇸

#Mijas #Spain #FaithOverCircumstances #BloomWhereYouArePlanted

UNPOPULAR OPINION:
Audit what you applaud 👏🏼 👏🏼

(Scroll verby as jy nie bereid is om te luister) 🤔

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
376 16
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 18105322535200144
UNPOPULAR OPINION: 
Audit what you applaud 👏🏼 👏🏼 

(Scroll verby as jy nie bereid is om te luister) 🤔

EMBRACE THE SEASON YOU`RE IN. 🤍

Jy is in Spanje. Die son skyn, die see is blou, die geboue is pragtig en oral is daar geleenthede vir daardie picture-perfect foto`s! 🇪🇸

Maar in plaas van die mooi uitrusting, perfekte hare en Pinterest-mamma-oomblik, stap jy met jou slapende baba op jou heup, `n handdoek oor jou skouer en hare wat lankal hul eie vakansie hou! 😂

En iewers begin daardie stemmetjie...

"This isn`t how I pictured it."

"Ek wou dan sulke mooi foto`s neem!"

"Why can`t things just go according to plan?"

En voor jy jou kom kry, raak jy gefrustreerd oor iets wat eintlik ongelooflik kosbaar is.

*And just like that, the enemy steals your joy without changing a single thing about your circumstances.*

Want die vyand hoef nie altyd jou vakansie te verwoes om jou vreugde te steel nie. Soms hoef hy jou net te oortuig dat die oomblik waarin jy is, nie goed genoeg is nie.

BUT WHAT IF THE MOMENT YOU`RE TRYING TO PERFECT IS THE VERY MOMENT YOU`LL ONE DAY MISS? 🥹

Wat as ek oor twintig jaar na hierdie foto kyk en nie die handdoek, deurmekaar hare of onperfekte uitrusting raaksien nie?

Wat as ek net `n mamma sien wat haar dogtertjie nog kon optel? Wat haar slap lyfie teen haar kon vashou? Wat nog haar hele wêreldjie was?

One day, she won`t need me to carry her anymore.

En dalk gaan ek dan enigiets gee vir nog een oomblik soos hierdie.

Hoeveel van ons raak so besig om die perfekte lewe te probeer skep, dat ons vergeet om die lewe wat God reeds vir ons gegee het, te geniet?

Not every beautiful moment is picture-perfect. And not every picture-perfect moment is beautiful.

So mamma, vrou, vriendin...

Embrace the messy hair.
Embrace the interrupted plans.
Embrace the tired little bodies.
Embrace the imperfect pictures.

EMBRACE THE SEASON YOU`RE IN!

Moenie toelaat dat die vyand jou so gefrustreerd maak oor hoe jou lewe LYK, dat jy vergeet hoe kosbaar dit IS nie.

Don`t let the pursuit of a picture-perfect life rob you of a perfectly precious one.🤍

Dalk is hierdie foto nie Facebook-perfect nie, maar dis `n stukkie van my lewe wat ek nooit wil vergeet nie. ❤️

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
324 11
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 17888712921475622
EMBRACE THE SEASON YOU'RE IN. 🤍

Jy is in Spanje. Die son skyn, die see is blou, die geboue is pragtig en oral is daar geleenthede vir daardie picture-perfect foto's! 🇪🇸

Maar in plaas van die mooi uitrusting, perfekte hare en Pinterest-mamma-oomblik, stap jy met jou slapende baba op jou heup, 'n handdoek oor jou skouer en hare wat lankal hul eie vakansie hou! 😂

En iewers begin daardie stemmetjie...

"This isn't how I pictured it."

"Ek wou dan sulke mooi foto's neem!"

"Why can't things just go according to plan?"

En voor jy jou kom kry, raak jy gefrustreerd oor iets wat eintlik ongelooflik kosbaar is.

*And just like that, the enemy steals your joy without changing a single thing about your circumstances.*

Want die vyand hoef nie altyd jou vakansie te verwoes om jou vreugde te steel nie. Soms hoef hy jou net te oortuig dat die oomblik waarin jy is, nie goed genoeg is nie.

BUT WHAT IF THE MOMENT YOU'RE TRYING TO PERFECT IS THE VERY MOMENT YOU'LL ONE DAY MISS? 🥹

Wat as ek oor twintig jaar na hierdie foto kyk en nie die handdoek, deurmekaar hare of onperfekte uitrusting raaksien nie?

Wat as ek net 'n mamma sien wat haar dogtertjie nog kon optel? Wat haar slap lyfie teen haar kon vashou? Wat nog haar hele wêreldjie was?

One day, she won't need me to carry her anymore.

En dalk gaan ek dan enigiets gee vir nog een oomblik soos hierdie.

Hoeveel van ons raak so besig om die perfekte lewe te probeer skep, dat ons vergeet om die lewe wat God reeds vir ons gegee het, te geniet?

Not every beautiful moment is picture-perfect. And not every picture-perfect moment is beautiful.

So mamma, vrou, vriendin...

Embrace the messy hair.
Embrace the interrupted plans.
Embrace the tired little bodies.
Embrace the imperfect pictures.

EMBRACE THE SEASON YOU'RE IN!

Moenie toelaat dat die vyand jou so gefrustreerd maak oor hoe jou lewe LYK, dat jy vergeet hoe kosbaar dit IS nie.

Don't let the pursuit of a picture-perfect life rob you of a perfectly precious one.🤍

Dalk is hierdie foto nie Facebook-perfect nie, maar dis 'n stukkie van my lewe wat ek nooit wil vergeet nie. ❤️

Ek het vandag nie met ’n vol tenk opgedaag nie. Ek het net opgedaag. En dalk is geloof soms presies dit. 🤍

View Instagram post by gerridene_berg_lifestyle
1475 56
Open post by gerridene_berg_lifestyle with ID 18098621501077800
Ek het vandag nie met ’n vol tenk opgedaag nie. Ek het net opgedaag. En dalk is geloof soms presies dit. 🤍
Follow Me On Instagram

Stay Connected

Sign up for my monthly newsletter and receive uplifting messages, practical tips for living abundantly, and exclusive updates on upcoming events and programmes. It’s just one click to start your journey toward a life filled with faith, joy, and purpose—let’s walk this path together!

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Living abundantly starts with a heart rooted in faith. I’m here to walk this journey with you—sharing hope, encouragement, and practical tools to help you thrive in every season of life.

Quick Contact

  • +27 (0)72 450 2725
  • info@gerrideneberg.com
  • berggerridene@gmail.com
Facebook Instagram Youtube

Quick Links

  • About
  • Shop
  • Abundant Woman
  • Speaker Booking
  • Contact
  • Refund Policy
  • Shipping Policy
  • Cancellation Policy

Copyright © 2025 Gerridene Berg. All rights reserved. | Web Design by Swerve Designs